Die Voëlgids van Suider-Afrika


Voelgids - cover

Skrywers: Ulrich Oberprieler & Burger Cillié

Hierdie is die Afrikaanse vertaling van die eerste uitgawe van die Bird Guide of Southern Africa.

Grootte: 222 x 155 mmHoeveelheid bladsye: 432
Sagteband

Die Voëlgids van Suider-Afrika is beskikbaar by alle toonaangewende boekwinkels, óf direk van LAPA Uitgewers in Pretoria.

Webwerf: www.lapa.co.za
Epos: lapa@lapa.co.za
Tel: 012 401 0700

Kommentaar:

www.ais.up.ac.za
‘n Ongelooflike goeie voëlidentifiserings-boek! Ulrich se beskrywings is so akkuraat! Word vir alle voëlkykers asook nuwelinge aanbeveel!
Anonymous

www.bookslive.co.za:
Wie’t gesê ’n voëlgids is ’n flou plaasvervanger vir seëls versamel? Of jukskei speel? Sit ’n boek met ’n blosende kakelaarwyfie op sy voorblad voor my neer, en jy het ’n resensent wat begin rittel soos ’n skoolseun uit die sewentigs met ’n kopie van Scope in sy hande. Ja-nee, daardie bloedrooi bek – net effens gebuig – en die ewe skaterrooi skubbe oor haar enkels en tone is genoeg om enige man wat sy sout werd is, klaar te maak. Takseer hierdie voëlboek gerus op sy voorbaadjie.
Prof Morné du Plessis, Direkteur: WWF-SA